Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

U spoor is geanker op golwe van Galilea
spore wat in my hart reflekteer van U Almag:

wanneer trane op my wange blink
sien ek U op die see vir my wink

as donker nagte van vrees verhoog
dink ek aan U spoor op see, geloop met groot geloof

wanneer my hart sy deure sluit
teen aanslae van duiwel wat nimmer stuit

weerkaats U spoor in sonlig, vir my gemoed
en weet ek verseker U kom my tegemoet

wanneer my lewens boot deur wind omgekeer word
my geloof soms deur golwe geteister word

dan sien ek weer U spoor op die see blink
U uitgestrekte hand myne vind

en voor die see van twyfel my na onder trek
het U reeds my na bo getrek.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Twyfel
Baie bemoedigend!
4 jaar 10 maande 2 weke 4 dae 16 ure oud


Daardie nag . . .
dis wonderlik, Bets! Dit is 'n geweldige voorreg wat ons as gelowiges het . . . om maar net te onthou.

Dis 'n pragtige, pragtige geloofsbelydenis.

4 jaar 11 maande 6 dae 21 ure oud


en as ek twyfel
So lank ons net die hand van twyfel uitsteek hou, sal Hy nooit wyfel om ons te red nie.
4 jaar 11 maande 1 week 4 ure oud


Twyfel
Hierdie gedig bring mens 'n bietjie terug aarde toe. Laat 'n mens dink en as iemand dit met 'n gedig reg kry dan is dit 'n goeie gedig en skrywer. Goed gedoen Bets.
4 jaar 11 maande 1 week 10 ure oud


twyfel
Bets staande applous vir jou hier
4 jaar 11 maande 1 week 10 ure oud


twyfel
Kreatief en stunnig. Sommer "Weerlees" sinne.
4 jaar 11 maande 1 week 12 ure oud


as ek twyfel
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Spieëlbeeld / Refleksie projek
4 jaar 11 maande 1 week 14 ure oud


twyfel
Unieke gebruik gemaak van rym. Hou baie hiervan.
4 jaar 11 maande 1 week 15 ure oud


.
Amen.
Dit is pragtig!
4 jaar 11 maande 1 week 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar