Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wanneer die onheilswolke saampak
Dreig om my te verswelg
Wanhoop sy leplek in my hart kom maak
Die bitter van omstandighede
In my mond kom le met n bitter smaak

Alleen en Godverlate
Voel ek in al my doen en late
Dan stuur God Sy goue lig
Vriende om my te dra
Dis soveel meer as wat ek ooit voor kon vra...

Mense wat U lig
So helder uitstraal
My daagliks aan U opdra
Ook U genade vir my aanvra

Goue vriende deur God gestuur
Om my te dra deur hierdie donker uur
Vreemdes wat U stuur
Om my te help oor hierdie eina muur

Daarom se ek dankie
Vir elke gebed
Wat my van onheil red
Trooswoorde werk soos balsem
Op my verwerpte gemoed
Ja .. vriende deur God gestuur doen my goed...

Die wonder van U liefde erfenis
van wonder goue vriende
Laat my stom
Soos wonder balsem stuur U hul na my
Sodat ek kan weet ek bly U kind
Al gooi omstandighede my ook na die wind...

~ Anze Bezuidenhout



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Deur God gestuur
Baie mooi geskryf!!!
6 jaar 3 maande 1 week 2 dae 7 ure oud


Deur God gestuur
en so loop ons met n vriend aan die een hand en God aan die anderhand deur die lewe. Wees verseker Anetjies dat jy nie hierdie pad alleen stap nie, God sal dit nie toelaat nie. Hy sal jou krag gee vir elke dag en waak oor jou elke nag.
6 jaar 3 maande 3 weke 4 dae 13 ure oud


...
Vrede vir jou...
6 jaar 3 maande 3 weke 4 dae 13 ure oud


lewe
Pragtig neergepen. As Hy die Lig vir ons voet en die Lamp vir ons pad is, kan ons net vorentoe kyk.
6 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 2 ure oud


Vriende
Pragtige gedig, Anze, dis hoe groot God se liefde vir ons is. Hy sal nooit dat ons alleen deur donker dieptes loop nie, want wanneer ons arms slap hang, stuur Hy altyd iemand om dit weer op te lig. Vasbyt vriendin, die donker sal wel binnekort weer wyk, hou net jou oe gevestig op die ligbron, die Here sal jou veilig ook hierdeur dra.
6 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 2 ure oud


Passend
Dit sou pas op die lewe van Martin Pistorius - of enigiemand van ons. Nè?
6 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar