Gedigte

Titel: Erfsondes
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Al die duister geheime wat ons hou,
die leuens waarop ons ‘n huwelik bou.
‘n Eindelose smart wat ons eenkant wegsteek
langs beloftes eens beloof om nooit te breek.
Deure wat ons sweer nooit weer sal oopmaak,
herinneringe wat ons hoop nooit sal seermaak.
Duiwels wat ons jaag om plat te slaan,
die hoop dis verby, die monster gedaan.

Wat kry ons kinders van my,
wat hou hulle van jou?
Hoe om hartseer te vermy,
of te lewe met berou?

Miskien om sterk te staan te midde van verwerp?
Glo my, dag in en dag uit, dit los sy merk.
‘n Ken en verstaan wat hulle eendag sal verloor,
‘n lief hê en aanvaar wat hulle eenkant sal stoor
wanneer ‘n ander hul oog en hart begin bekoor
terwyl die liefde van eer sneuwel en smoor.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Erfsondes
Ek het met google op die gedig afgekom. Nou kan ek net wonder wat van jou geword het. Goed geskryf hier.
5 jaar 6 maande 2 weke 9 ure oud


Erfsondes
Gelei, lees ek hierdie werkie van jou -nou al reeds langer as 'n jaar gelede geplaas- en dit verbaas my dat dit nog steeds relevant bly! Verbasend egter meer is die sosiale indruk wat jy laat oor die dieper ongelukkigheid van skeiding! En ek verwonder oor die min reaksie op so 'n sielswerk! (Word ons leser dalkies afgestomp deur soeke na eie ophef?)
Wonder maar net...
6 jaar 3 maande 3 dae 11 ure oud


Erfsondes
Sjoe, dis 'n diep-seer gedig waarmee baie mense kan indetifiseer. Baie goed geskryf. Groete
7 jaar 3 maande 1 week 2 dae 11 ure oud



Van ons ander lede

ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar