Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sien skat die probleem staan so
mens kannie skaal gewig meer glo

my man daar’s niks fout met skaal
dis tyd vir dieet en gesonder maal

nee my skat dis waspoeier jy weet
of dalk is dit net my sweet
wat my klere so verskriklik krimp
“jy te vet geword” nou gou geskimp
nee... nee... moet ek alweer vir jou nuwe klere koop
jy sal maar moet bietjie oefen en loop

verstaan nie die ding skattie jy weet
nou reeds twee weke op streng dieet
jy is nog twee kolos weer op die klok
nee... nee... skaal sal nie vir ons jok

skat ek weet skielik vanoggend wat dit is
toe jy vannag teen my lê is wat ek wis

dis alles die Eva geslag se skuld
kon Adam se ribbebeen nie meer duld
skattie jy’t vannag my ribbebeen my terug gegee
dis wat gewig so opskuif nie soet koffie en tee

aaai die man van my bedink altyd ‘n plan
amper soos ‘n afrigter van verloor rugbyspan




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

EVA SE RIBBEBEEN


Nog sommer nou-die-dag het Oupa in sy oorgewig vertel die oorskryf van Eva se ontstaan was 'n foutjie. Seg hy sy was uit Adam se maag gemaak, nie die rib nie. En ek glo omdat ek dit wil glo, want net soos jou man skuil agter die teruggee- rib skuil ek skaalstukkentrappende agter ouvrou se maag wat sy saans volgestop op my kom aflaai...

(Jammer ek laat hoor nou eers. Gaan dol!) Sal nog by die ander agterstalliges uitkom, gee net kans!)

Mooi bly en groete daar.
3 jaar 9 maande 6 dae 4 ure oud


Ano
Eva
hahaha! Dalk is dit al die chloor in die water...
3 jaar 9 maande 3 weke 5 dae 4 ure oud


Eva
Daarom besoek ek graag Virgin Active se Gym.
Spieels net waar jy kyk
Die gewig skaal se spieel maak my
Broad at the shoulders
narrow the hips!

Loop check gerus uit
Onder by die trappe staan 'n tanne met 'n mandjie koeksusters

Alte heerlik!
3 jaar 9 maande 3 weke 5 dae 8 ure oud


eva
Ek het ook daardie probleem met deesdae se waspoeiers. laat my klere krimp
3 jaar 9 maande 3 weke 5 dae 13 ure oud


Slim
:D

En wat bly nou van Eva oor as sy haar ribbebeen teruggee?
3 jaar 9 maande 3 weke 5 dae 13 ure oud


Eva se ribbebeen
hehehe.... kostelik!!! Jip so sal ons almal mos teen die skaal stry of hoe??? ... laat my dink aan my ouma.. sy het altyd gese wat is lekkerder as om te eet... om weer te eet my kind....
3 jaar 9 maande 3 weke 6 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar