Gedigte

Titel: everest
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

bestemming is nepal, lukla via kathmandu
voor my verrys 'n reuse himalayatrein
hoe kan mens stoïsyns staan voor hierdie wonder
carpe diem, gryp die dag

ysbyl, crampons en donsbaadjie
rugsak word 'n slak se dop
sherpa lei massiewe vrag op sy dik nek
ek hyg en snuif yldunlug

hoogtesiekte eis mettertyd sy tol
terwyl ek stadig strompel na die piek
ysskoene knars terwyl ek energie verbrand
eet olieryke kos maar kleding neig al losser

dertig persent suurstof in dié esoteriese atmosfeer
my anima vernu, die rooigeel son breek die lumier
sherpa prewel inkantasie pasop die avalanche
gids djorjee skrik en keer
afgryslik val 'n kliënt in gletserskeur
wikkel vingers tone en vermy liewer vriesbrand

die sneeu verblind my asem jaag
waak teen swymeling indusseer, bly beweeg
swaarvoetig laveer ek slingerend oor
spierwit gladde mens onvriendelike wêreld
groot triomf, o bars blydskap vreugde effemeer
want gevaar styg reeds meer met afklim weer



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wat 'n ondervinding moet dit nie wees nie....
Dankie vir die detaileerde vertelling in 'n vers...Hou baie hiervan.
7 jaar 7 maande 1 week 4 dae 2 ure oud


Everest
Treffende gedig - die leser word meegevoer deur jou woordgebruik, skep van spanning en aangrypende inhoud.
7 jaar 7 maande 1 week 4 dae 12 ure oud


ha rosa
wow
ek wandel soms deur die alpe in oostenrijk, maar die syn jie zo hoog als die himalaya nie, respect!!

baie graag gelees! dankie vir die experience!!

gr en geniet jou naweek!

enrico
7 jaar 7 maande 1 week 5 dae oud


everest
wow!eks impressed! ek het selfs die gewig gevoel wyl ek lees...briljant!! Mooi...
7 jaar 7 maande 1 week 5 dae 2 ure oud


everest
Jy vertel van een van die talle dinge waarby ek in my kort, vinnige lewe nie uitgekom het. Ek sou dit beslis kon doen want was ongelooflik fiks.
Pragtige vertelling.
7 jaar 7 maande 1 week 5 dae 15 ure oud


Sjoe!
Ek het nou saam geworstel. Ek sal nooit sò dapper kan wees nie...
7 jaar 7 maande 1 week 5 dae 20 ure oud


everest
Pragtige woordgebruik, wat my as groentjie verder laat reik.
7 jaar 7 maande 1 week 5 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar