Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“When a great mind discovers simplicity, genious is born”

Daar's 'n tyd vir die verlore unlucky menigtes
waar emosies van binne net moet uitbult in woorde,
(ander skreeu dit, ander kruip onder swaarkomberse weg,
sommiges drink dit na holtes terug en dit lê braak op straat,
soms word gode opgeroep tot kamma-kitsgenesings.
Maar bult-op moet dit:
en party party terapeties op papier.)

Maar daar's 'n tyd vir die verkore lucky few
waar die sap teruggepers word tot binne die beauty
van bloed
en die voel nie meer hoef te skree nie -
dis in álles.

Om dan net “boom” of “reën” te nóém is genoeg:
'n gedig wat eenwoordig
tril deur die oog van lees
tot in die hart van voel
en wáár word.

Dit was aand en dit was môre:
die sewende dag,
en dit was goed.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mens!
Maar jy hét 'n gawe! Simplicity...genious.



*Kyk net by die laaste reëltjie van die eerste vers, ek dink die "u" het uitgespring. Dit moet terape(u)ties wees? Of mis ek iets...:)
7 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 1 uur oud


Dankie
vir die positiewe ontvangs, julle!
7 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 2 ure oud


Digter
En goed kan nooit sleg wees nie. Dis altyd reg.
Puik gedig!
7 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 2 ure oud


Vrede
Ek noem dit vrede met jouself, die skepping en die Skepper.
7 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 5 ure oud


Nadenkend
Dit laat mens voorwaar baie baie diep dink tot daar waar jou emosies gesetel le. Baie dankie.
7 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 6 ure oud


Terapeuties
Lieflik! Dit ís goed!
7 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 7 ure oud



Van ons ander lede

N VERGANE ERA

deur neels claasen

spoorweg staaltjies en verhale uit die verlede



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar