Projek: PROJEK – LIEFDE (2015-12-09 tot 2016-01-05)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 123
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 27 Dec 2015
lowergroen,
geseël met jou Judassoen.
Dit skril 'ek onthou jou nie',
in ontkenning lê wat jy verstil.
As jy maar weet:
dit neem een enkel tree,
want bo my hart se deur
staan jou naam steeds
in sierskrif mooi gekrul.
Solank al lê jou liefplek leeg,
bar gelaat deur jou alleen...
Seermaakwoorde,
woede-waaroms,
stilte storms-
oor en oor
mekaar verwond.
In my eie seer,
eie vrae,
moes ek jou bloeihart vind,
ophou meet met woorde:
"maar jy het..."
En elke keer,
sou ek die pas makeer,
was Hy daar,
sag vermaan:
"dis nou net Ek en jy"
Egipte uit, deur die woestyn,
vry van eie pyn,
kan ek opreg bely:
kwaadseer bly ek lief vir jou.
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Christo Nel
Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.