Gedigte

Titel: Feesgety
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het loop sit en branders kyk
by Kaap Columbine, langs die see.
Die golwe het een-een ingerol
en my spore van die strand gevee.

Iewers die nag het die hooggety
‘n klaar robkalf uitgehelp:
En toe kry ek hom daar, waar dit lyk of hy slaap
op ‘n bed van bamboes en kelp.

Maar ‘n krap het reeds sy oë uitgevreet,
iets het sy pens oopgeruk,
‘n seemeeu het stywebeen nadergeloop
en skuins aan die flarde gepluk.

In ‘n plas dun bloed was ‘n slak of vyf,
‘n vlieg het op sy neus gewag,
die son – en die dood – het sy lip laat trek
en hy’t oopbek vir my gelag.

Later die dag het die water weer
met stamp en sis die sand opgebeur,
sy bed in stukke weggespoel
hom sag opgetel en meegesleur,
terug, diepwater toe.

‘n Ent daarvandaan, op ‘n ander punt,
het sterre en lag rondgewaai in die wind
en Tyd is om middernag tot stilstand gedwing
terwyl die wat kon, nootvas sing
dat hulle óú vriende weer sal vind.
Die volgende oggend was ons strand oortrek
met die rommel en droesem van ‘n nag se pret.
Maar ons het dit geïgnoreer.

Want slakke drink nie rooiwyn nie
en krappe kan nie lees nie,
meeue trek nie crackers nie
en robbe hou nie Kersfees nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Feesgety
weereens n staande applous vir hier prag gedig. Jou ritme en alles werk perfek!
4 jaar 6 maande 1 week 9 ure oud



Van ons ander lede

n Vergane Era

deur neels claasen

n boek met verhale en staaltjies uit die skrywer se eie eie spoorwegloopbaan



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar