Gedigte

Titel: Fenominaal
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek hammer en beitel 'n nuwe ek,
maklik is dit nie, bang ek lyk ‘n gek,
die bang moet ek dapper oorbrug,
vir niemand sal ek meer vlug.

Selfvertroue word stadig meer,
vasbyt anders twyfel ek weer.
Oefen, dans, poise en styl,
mond toe, ore oop, niks huil.

Suiwer woorde, luister en leer,
as ek klaar is, sal niks my keer.
Wurm in ‘n kokon gespin
tot die skoenlapper uitspring!

Ek sal my siel met wysheid verkwik,
ek wil wees uitsonderlik.
Tot ek bereik my ideal,
ek sal wees, fenominaal!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Fenominaal
Met jou skryfwerk is jy klaar daar!
7 jaar 11 maande 1 week 4 dae 18 ure oud


fenominaal
What the lady wants the lady gets! So, kom ons loer net na jou eerste vers, aangesien my oordeel daaromtrent virrie hele gedig geld. Die digmetode wat jy inspan is pre 1940. Maar toe het Uys Krige begin om verryming bietjie eenkant toe te druk met die verskuiwing van woorde. En later nog het anner ouens oppie toneel gekom en anner goed getry wat as norms aanvaar is. So is eindelose beryming uiteindelik oppie agtergrond geskuif en diepte, wat die leser tot nadenke verplig het was die in ding.

'N ander onding wat ek soms opmerk is dat 'n aspirant digter die personae van sy of haar mentor aanneem. Wat vir my aantoon dat alhoewel die mentor 'n kapabele digter mag wees is hy of sy nie 'n "leermeester" se gat werd nie.

Anyway, wat ek wou se is dat jou digwerk nodig het omte "verdiep." Dus het ek jou eerste vers herskryf. Maar onthou, dis net 'n voorbeeld:

met hamer en beitel sit ek en ets
aan gister se verbloeings
die wil n verkragting, 'n verbrugging van my onvermoe-
lot se vrou nie meer deel van my mensdom nie.

Natuurlik sal jy oppe heel anner manier "verdiep," so moet jou nie te veel daaraan steur nie. En sterkte.
8 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 7 ure oud


fenominaal is jy
Jou profiel identifiseer ek soveel mee!
"Snaaks hoe mens se beste skryfwerk nie uitgedink word nie, maar die is wat jou soos 'n vuishou tussen die ribbes tref! 'n Skielike idee wat jou wakker maak in die nag; heimwee op jou pad van erens af of miskien 'n skielike verlange of begeerte wat jou uit die bloute tref! Spontaan en ongeforseerd."
En hierdie gediggie geniet ek ok so baie, veral die eerste en laaste strofes is so vegtend en vry.

Dieselfde ek-ontdekking het ek bekruip in een van my gedigte hier op WOES. Dalk geniet jy dit:
http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/die-ek-is-van-moses
8 jaar 6 maande 1 week 1 dag 2 ure oud


Fenominaal
Dis pragtig en die metamorfose perfek!
8 jaar 7 maande 2 dae 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar