Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

So bitter graag
wil ons vergaar
Skatte skitter blink
Mooi uitpak
ook aan bome hang
soos versiersels aan n Krismistak

Maklik raak ons verstrengel
in daaglikse getjommel
van ons eie blinkgevryfde rommel
as ons net stil wou staan
ons oog terug laat gaan
sal ons besef ... WAT de-drommel...

Met n eerlike introspeksie
Kom die skaam besef
Alles is nie so eksiperfeksie
Dis nou realiteit wat jou kom tref

Vrot is jou lewensuitkyk
Innerlike geluk bly jou ontwyk
Want jy bly ronddryf in vrot slyk
Van nuttelose aardse skitterblink skatte

Maak jou skat dan bymekaar
Daar waar geen stof kan vergaar
So word jy nooit lewensnaar
God sal jou ewig bewaar

Hoe meer jy gee my vriend
Sonder om iets te probeer verdien
sal jy in die Ewigheidstoekoms kan sien
dit is die Almagtige wat jy dien

Ontwyk dan die smagting
na versamel van aardse skatte
Fiemies oor waardes
n dolleeg verwagting
van n wereldse verkragting
stel jou oog stip gerig
op die Ewigheidsbrug ...

~ Anze Bezuidenhout



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Fiemies
Duime omhoog!
6 jaar 5 maande 1 week oud


Fiemies oor waardes
Ja nee kyk hier stem ek 100% saam
6 jaar 5 maande 1 week 10 ure oud


Fiemies
Ai man ons vergaar mos maar almal die ou fiemies goedjies van ons en dink ons kan dit inpak in ons venter waentjie na die hiernammals, maar pragtig wys jou gedig ons terreg oor al ons rommel en tjommel wat ons sal moet agterlaat. Dankie. Groetnis.
6 jaar 5 maande 1 week 22 ure oud


Fiemies
Dis uitsonderlike hierdie, Annetjies, baie mooi :)
6 jaar 5 maande 1 week 1 dag 2 ure oud


Skat
Hou veral van tjommel, drommel en rommel, dit val so lekker op die tong, en vat waardeloosheid mooi vas.
Ja, almal wil soos die Jones's leef.

Puik werk!
6 jaar 5 maande 1 week 1 dag 2 ure oud


Fiemies
Hierdie is een van jou bestes. Knap gedaan.
6 jaar 5 maande 1 week 1 dag 3 ure oud


Waardes
Ware woorde oor waardes Anze...want waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees...
6 jaar 5 maande 1 week 1 dag 4 ure oud


**
Kan net saamstem met Okatopi
6 jaar 5 maande 1 week 1 dag 4 ure oud


O
En so hou jy aan om my vanoggend te kasty ....... :-)
6 jaar 5 maande 1 week 1 dag 5 ure oud


*
Ware woorde wat jy hier spreek!
6 jaar 5 maande 1 week 1 dag 10 ure oud


---
Jou gedig is nie vir sommer maar net se lees nie .. dit laat (my) besef dat alles (skatte?) hier op aarde bloot 'n gejaag is na wind .. dit laat (my) besef dat dit wat (ek) najaag geen werklik waarde het nie .. in elk geval nie waardevol genoeg om saam te neem wanneer ons tot sterwe kom.

Jy't mooi geskryf Anze!
6 jaar 5 maande 1 week 1 dag 10 ure oud



Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar