Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘n Laaste waai, ‘n laaste lig van die hoed
Vandag is daar finaal gegroet
Die laaste totsiens gesê
En alles keer terug na normal

“Ek het vrede gevind” fluister die wind
Niks meer wat jou bind
‘n Laaste blik in die rigting waar daar eens lewe was
Maar daar is niks meer behalwe verwoeste drome en vertrapte gras

Eendag sal alles tot niet moet raak
Die Aarde is met daardie doel gemaak
Ons beurt sal ook nog kom
Jou tyd was net gouer om

Al was dit nie met ‘n ligte gemoed
Vandag het ons jou finaal gegroet
Al sou ons dit graag anders wou hê
Is dit hoe dit moes wees
En ons laaste koebaais is reeds gesê



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

soms weet mens wanneer dit die laaste koebaai is ... ander kere is dit onbeplan ...
mooi geskryf
8 jaar 11 maande 3 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar