Gedigte

Bladsye:
Titel: Finis.
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


(My laaste bydrae op Woes. Adios Amigos!!)

Dis ‘n groot begrafnis diè,
‘n groot familie woon dit by,
kis lê toe met verskoevertjies
en duisend blomme vars gesny.

Stadig loop die chroomkatrol,
die nylonbande bewe styf,
stof tot stof en woord tot as,
die laaste versie is geskryf.

Lappie lanfer om die arm,
‘n era is vir goed verby,
traag begin die roubeklaers
een vir een die hek uitry.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Finis.
Nee, ek sê mos nog altyd: Daar's niemand nog soos jy nie! Groetnis!
1 jaar 7 maande 1 week 2 dae 23 ure oud


Finis
Dus voorwaar 'n uitstekende afskeids gedig. Ja ons almal is in rou. xx
1 jaar 7 maande 1 week 4 dae 1 uur oud


Klaar
Ek stem saam met Viooltjie . . . jammer dat ek nie by almal se werke (byvoorbeeld joune ook) kon uitkom nie!

Mag jy geseënd wees!
1 jaar 7 maande 1 week 4 dae 3 ure oud


finis
Dis nou sommer die grand finale. Niemand kan dit beter doen as jy nie, Koos. Sterk emosioneel en wonderlike rym en ritme en uitstekende woordgebruik. Die lekkerste tjoklit in die boks :-)
1 jaar 7 maande 1 week 4 dae 15 ure oud


Begrafnis
Wow Koos!

Hierdie is ń pragtige gedig.

Dit is voorwaar ń swaar kis waaraan ons hier dra.
1 jaar 7 maande 1 week 4 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    ORAL IS MY GOD

    deur Johann P. Boshoff

    N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar