Gedigte

Titel: foonnommer
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vandag het ek jou nommer op my foon gekry
en gedroom dat as ek dit bel, ek jou in die hande sou kry
tervergeefs

Gister het ons van genade gepraat
van hoe groot God, blywend, elke dag aan jou lewe raak
verniet

More sal ek mag hê om jou nommer uit te vee
om jou weggaan te aanvaar, die goeie tye te bewaar en aanbeweeg
hopelik onvermoeid

Alles was volgens jou wense gewees,
Die koor het mooi gesing, en ons het almal Romeine 8 gelees
ter afskeid

Jou waarde vandag is te veel vir my
te veel trane,om jou nommer van my foon af te kry
onvermeidelik

My mentor, my voog
Mag God jou net soveel genade aan die ander kant toon...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar