Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Stom staan jy starend
na grusame toneel
wat hom herhaaldelik
in jou skadu afspeel

Seksueel aangerand
agter jou rug beide hand
vasgebind met leerlyfband
en stanksweet wat brand

Hoor jou skrille gille
eggo vergeefs verlore
in vlakgraf gelos
as aasvoëlkos
in godsverlate bos

Jou tenger takke treur
boomgomtrane drup
weer en weer en weer
soos stam stukkend skeur

Jou ganse lewe lê nog voor
tragies om dit so te verloor
Here hoeveel keer
gaan dit nog hier gebeur



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ontneem
Tragies en wreed ontneem van dit wat kosbaar mooi moes gewees het. Waarlik treffend verwoord, en wonder 'n mens wanneer sal geregtigheid dan ooit die lig sien.
5 jaar 9 maande 14 ure oud


Sjoe
Hierdie gediug ruk mens sommner terug na die werklikheid van dit wat daagliks in ons wereld gebeur.

Pragtig verwoord
5 jaar 9 maande 1 dag 13 ure oud


FOTO 1

. . . . waar is die foto?
5 jaar 9 maande 1 dag 19 ure oud


Goeie werk
Rou woorde ... goed geskryf
5 jaar 9 maande 3 dae 5 ure oud


Foto
Sjoe dis wreed, naak, pynlik! Baie diep en seer!
5 jaar 9 maande 4 dae 11 ure oud


foto 1
sjoe wat n fantastiese beskrywing, die harde waarheid.
5 jaar 9 maande 4 dae 18 ure oud


Arnold
Hierdie is inderdaad "Doodsblik van 'n boom" wat ek verstel het om by tema te pas.
5 jaar 9 maande 4 dae 19 ure oud


Foto deur ‘n boomlens (Foto 1)
Baie tragies, maar dus altyd een teen 'n oormag.

Ek het 'n soort gelyke gedig al gelees, maar ek kan nie onthou wie het dit geskryf nie.
5 jaar 9 maande 5 dae 6 ure oud


Boomlens
Jy het hierdie gedig van jou uit 'n heel ander hoek aangepak. Tragies maar absoluut besonders!
5 jaar 9 maande 5 dae 9 ure oud


foto 1
Elvina dit is n gedig wat swaar afgaan maar dit is nodig dat die realiteit onderstreep word
5 jaar 9 maande 5 dae 10 ure oud


+++
Oegggg. Dis nakend tragies, maar ongelukkig wie die mensheid is.
5 jaar 9 maande 5 dae 13 ure oud


Boom
Absoluut aangrypend...........
5 jaar 9 maande 5 dae 14 ure oud


***
Dis jammer dat daar mense is wat uit dié foto sulke donker dinge mag sien -- maar dis seker maar die lewe en dié realitiet laat mens sidder...
5 jaar 9 maande 5 dae 15 ure oud


foto 1
sjoe dis n swart gedig.. PUIK gepen... ja so sou baie bome seker n storie of 2 om te vertel!!!
5 jaar 9 maande 5 dae 16 ure oud


foto
Baie goeie bydrae tot die tema vir die week, Elvina. Goeie werk gedoen hier..
5 jaar 9 maande 5 dae 18 ure oud


Boom
Gruwelik en tragies. Uitstekend geskryf.
5 jaar 9 maande 5 dae 19 ure oud


Boomlens
Puik gedoen Elvina... Tragies en hartseer...
5 jaar 9 maande 5 dae 20 ure oud


O
Wow. disanalogie is onmikenbaar ...uitstekend geskryf
5 jaar 9 maande 5 dae 20 ure oud


Ano
fot
Oh wow. Mens of natuur, maar vir beide 'n tragiese einde. Ek verstaan nie waarom mense jare-oud bome moet uitkap wanneer sy enigste sonde 'n skadukol is nie.
5 jaar 9 maande 5 dae 20 ure oud


WB
Foto deur ‘n boomlens
Sjoe weet nie wat om te sê nie, dis hartseer
5 jaar 9 maande 5 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Plek van die Flaminke

    deur Rachelle du Bois

    Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar