Gedigte

Titel: fyn lyn
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



hoe het dit gebeur dat
ek as vyfjarige nog ’n speelding
kon vashou en nou
hou ek ’n pistool vas?

jy het gesê jy het
my lief maar jy
het lekker gelag toe die
stomp voorwerp my teen
die kop tref

bloed oor my gesig
stroom

nou is jy
die een wat jou bes
probeer om my aandag
te trek

ek is die een wat
heeltemal in ’n kluisenaar ontaard het –
die samelewing met
minagting bejeën




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

fyn lyn
So het die samelewing 'n enorma impak op 'n persoon se menswees. Die weegskaal kan enige kant toe. Hou van jou slot.
4 jaar 3 maande 3 weke 1 dag 3 ure oud


fyn lyn
Hierdie sosiale kommentaar skril die onreg uit. Maar helaas, die Wetgewer sal maar weer net kop-in-die-sand-volstruis en die boewe vetvoer, loslaat en in die proses bemagtig vir 'n volgende aanslag...

Ek plaas my seël op Rudi se raakvat kommentaar!
4 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 22 ure oud


Fyn lyn
sjoe dis n gedig met n groot impak.. puik gepen!
4 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 23 ure oud


Z
'n Baie sterk gedig met 'n ewe sterk boodskap. Goed geskryf.
4 jaar 3 maande 3 weke 4 dae oud


die weervoorspelling
ek hou hiervan.
die dieper sielkunde hier agter is fenominaal.....

ek wag nog vir jou boek.
4 jaar 3 maande 3 weke 4 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN

deur Viooltjie

Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar