Gedigte

Titel: galgesweer
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



uitgeworpene wat deur kinders bespot word
eenkant, die behoeftes van ’n leë
droom bring nog ’n dag van
verbete pyn na my
deur soveel lewens is daar net die spot
die merk wat ’n tong op my wang laat
dit is te veel vir die stroom om hierdie kant toe
te swenk – ek vrek, my verhemelte plaas die droog in
kurkdroog

verwens my soveel keer meer
daar is te veel trappe wat na die
galg toe lei
laksman met sy swart mantel en loodgrys masker
ek skree
ek kan nie die brandende gevoel van sweet
in my oë hanteer nie
hulle juig want nog ’n karkas gaan na
die Swart Stad se ashope
rotte smul totdat hul kotsend
by die voetenent van ’n kindjie se
bed neerval
en die kraai aanbid

ek wurg
ek voel hoe are in my kop bars
ek sterf twee maal te veel
die derde maal is altyd minder as dit
wat enige iemand van ’n self-destruktiewe
karkas kan verwag




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar