Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

'n spuitjie dormicum maak loom
vir die banges gee propofol meer stoom
verdoof die keel, maak dik die sluk
hier kom die sentimeter deursnit skoop
wiggel-waggel beur hy voort
kamera-ogie soekend deur die poort
af en af verby die strottehoof
gly-gly ruk hy deur die kloof

in die maag kyk hy ondersoekend rond
spikkels rooi wys nare gastritis bont
troebel maagsuur stuimig see
drukkend stoot die vloeistof na benee
woeps vaar hy deur piloris klep
soek en seil hy dan deur stukkie dunderm
tang knip weefseltjies vir patoloog
hy kompakteer die lae versnit vir sy betoog

dokter, die pasiënt begin beweeg
sustertjie so benoud met haar verpleeg
hou vas die mondstuk, want as hy byt
is ek 'n hele kwart miljoen rand kwyt
meneer x, ek sien geen fout
more kyk ons weer van neffens die boud



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

O genade!
Woesters is beslis baie kreatief! Wie sou nou kon dink mens kan 'n gedig oor 'n gastroskopie skryf ... en dit laat werk ook nog ...
7 jaar 8 maande 2 weke 6 dae oud


Rosa, so goed gedoen...Ek wag vir die anderkantste een...hehehe...Maar hierdie vers is regtig puik gedoen, elke mm van die weg....
Baie oorspronklik om oor so 'n onderwerp 'n vers te maak...
Gelukkig van die anderkant af kan die pyp nie afgebyt word nie.
Ek het hierdie baie geniet.
7 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 2 ure oud


Hel Rosa . . .
waar val jy nou uit?
dit is die ding wat ek soek daai
Maar van die onderkant af want
na ete kom van Tom se kant af
dit wat klink tussen jakkals en hond
se blaf
7 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 16 ure oud


rosa
haha dank vir die lag van hierdie gedig:-)

nie leuk nie om te ondergaan, wel leuk om hier te lees!!

dankie

gr en geniet jou sonnige dinsdagavond

enrico
7 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 17 ure oud



Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar