Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As ek nou deur Woes se sleutelgat moet loer
en moet skinder, wetend dat ek my gat kan sien

sien ek party hulle werkies plaas – so windgat
en sonder skroom “dink hulle is kat se gat”

ander konformeer slapgat
en word napraters van strontgat

daar is alewig ‘n skuiwergat
op kommentaar deur suurgat

en o jinne die dupliek van klagat…
as hy nie sy sin kry nie word hy martelgat

ons kan duidelik sien wie’s hardegat
en moontlik ook wie’s ougat en bakgat.

maar hoe sal ons ooit weet wie’s ingat,
lunsgat, rykgat, armgat, suipgat of dronkgat?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

*
Hoe weet jy? ;)
5 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 9 ure oud


Gat
Whahahaha oee eheh, nee ons sal dit nie weet tensy ons bymekaar kom nie. Selfs dan kan iemand 'n gatomkeer doen.
Uitstekend en vlymskerp!
5 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 3 ure oud


gat
haha jy het goed geloer.
5 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 15 ure oud


jou gat
hehehehe.. hier slaan jy mos nou n baie dik spyker perfek op sy kop!!!
5 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 10 ure oud


my skat!

Het jy seker gemaak dat al die gate opgenoem is?

Baie om oor na te dink.
5 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 19 ure oud


gat
Hehe . . .lyk my jy het 'n deeglike studie gemaak van al die gate hier op Woes en elders :-)
5 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar