Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dankie Carel.

__


Geagte Man,
wat my hart gaan steel,
kom dat ek met jou,
'n paar feite deel.
...

Ek's harregat
en vreeslik rustig.
Ek's kort van draad
maar so geduldig

Ek sterk,
tóg so fragiel,
asseblief pasop,
om my te verniel.

Sou jy ooit
en my hart breuk amper,
weet dat ek sal bly staan
Só sterk - Só dapper.

Dis maklik om my te kry,
maar moeilik om my te hê,
Geagte Man wat my hart gaan steel,
luister jy na wat ek sê?

Ek vertrou te vinnig,
maar deel só min.
en ek verkies my kurwes,
bo 'n naeltjie ring.

Ek's altyd ernstig,
maar ek grap te veel
Is jy nog só seker
dat jy my hart wil steel?

My humor is vuil
partykeer my taal ook,
Ek hoop nie jy gee om nie,
Maar ek rook.

As ek kon,
het ek gelewe op wyn.
Hou jou sielkundige evaluasie,
daar's geen oplossing vir pyn.

Maar alle negatiweit,
eenkant en op sy.
Sien al hierdie foute,
en wees steeds lief vir my.

Ek weet ek's nie perfek nie,
jy moet ook nie wees nie, asseblief.
Al wat ek vereis,
is wees vir my onmenslik lief.

Ek vra nie te veel nie,
net alles wat jy is.
So gee ek aan jou,
my alles ook terug.

So, Geagte Man wat my hart gaan steel
ek wag net hier vir jou,
ek wag vir ons storieboek liefde,
wat ons ewiglik sal hou.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

..hart steel
Al die somberheid in iemand se lewe wat so stilletjies sy verskyning maak moet sommer vroeg die nek omgedraai word.
5 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 11 ure oud


man
ek dink Rudi vat dit pragtig saam
5 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 13 ure oud


Saam met Rudi
En kan ek bylas, moet nie settle vir iemand wat nie 100% aanvaar nie. Mooi gedig.

-=P=-
5 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 19 ure oud


Baie Drankies
Dankie vir die terugvoer, ek waardeer xx
5 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 20 ure oud


die weervoorspelling
ek hou van die realisme en die voor-op-die-wa-eerlikheid van die.
5 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 21 ure oud



Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar