Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Skryf ek 'n gedig,
'n brief of 'n storie?
Praat ek met jou oor die foon,
want ek wil jou nie werklik sien nie?

Noem ek jou Maat?
Noem ek jou Stef?
Mag ek sélfs 'n asteriks
aan jou geskrewe naam hef?

Is dit oukei dat ek gebewe het,
toe jy Saterdag by my huis was,
dat daar trane in my oë was
toe jy by die voordeur in stap?

Is dit aanvaarbaar,
dat ek soms nog huil?
oor jou laaste woorde,
hard; koud; yl?

Is dit reg,
dat my hart nog gebreuk is?
Sal jy my glo,
as ek vir jou sê dat ek jou nog mis?

Mag ek vir jou sê,
dat ek jou eintlik nog lief het?
Kan ek asseblief glo,
dat jy my van die verlange sal red?

Ek weet jy't my nooit,
werklik lief gehad,
of my op jou hart
intiem gedra.

Maar ek vra dat jy gaan diep soek,
na wie jy werklik is,
sodat ek dalk kan ophou
om die idee van jou te mis.

Ek vra nie dat jy terugkom
en jou liefde aan my verklaar
werklik wil ek nie hê jy moet nie
want my hart is nou gaar.

Néé, Geagte Stefan,
ek vra net dat jy mooi dink
want in jou desperate pogings
Gaan jy, jóúsélf verdrink.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die hooftrekke
Interessante vers!
7 jaar 4 maande 1 week 4 dae 9 ure oud



DAG VAN DIE BLOEISEL

deur Johann P. Boshoff

"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar