Gedigte

Titel: gebed
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Here, ek snak
na my asem wanneer ek
die vuil werke van
mensehande aanskou
asseblief Vader, vat my weg; verwyder my
uit hierdie kinderagtige wêreld met sy
valsheid, voos gefoeterde huwelike en versinsels
ek smag na
die rustige waters van U genade
lei my en wys my hoe om my geestelike
wapenrusting blink
te vryf

Here, my hande bewe wanneer
ek die gloed van hul haat
aanskou
my tong spreek floutes
my oë traan van teleurstelling
gee my moed
gee my geduld
help my om die eindelose leegtes
met U lig te vul



© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Woordeloos
Ek kan net sê: "WoW"!!!
5 jaar 11 maande 4 weke 7 ure oud


GEBED
Pragtige gebed! Wat 'n vrymoedigheid dat ons na Hom kan gaan!('n Mens voel die pyn en teleurstelling wat God moet ervaar in sy Skepsels sterk aan) Gelukkig is Hy steeds in beheer en net Hy(deur sy Gees) kan ons in staat stel om die wapenrusting waardig aan te trek sodat Hy die lewens van ander kan aanraak..alle lof en eer aan Hom, AMEN..
6 jaar 2 maande 12 ure oud


gebed
sjoe wat n sielvolle gebed!!! Goddank Hy is in beheer van ons lewens tot die hare op ons hoof is deur Hom getel .. puik gepen
6 jaar 2 maande 6 dae 18 ure oud


gebed
Ja my vriend ek wonder dikwels wat die Here dink as Hy Sy kinders van bo af dophou.
6 jaar 2 maande 1 week 5 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DAG VAN DIE BLOEISEL

deur Johann P. Boshoff

"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar