Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Gebed sonder geloof
jy’s reeds klaar beroof
gebed met opregte geloof
sit lewens wysheid in hart en hoof

Liefde kom van daar
liefde gaan na waar
lewe is voorwaar swaar
haat laat dit nog gal baar

Vergifnis is goed
verskaf weer lewens moed
was skoon siel se swart roet
skuldiges sal wel terugwerkend boet

Soms skoenlapper teen die wind
nogtans bly jy God se kind
Hy beskermend bemind
ons styf aan Hom vasbind.

Jy skoenlapper kind in die wind
jy is en bly altyd God se kind
hy bly vir jou bemind
jy bly sy liefling skoenlapper kind

Vergewe wat stamp, skop en stoot
ons almal in selfde lewens boot
sy genade is oneindig groot
daars plek vir almal op Sy boot

onvoorwaardelike vergifnis
moenie se jy voel nie lus
verpas jy God se bus
verpas Gods boot aan kus

Jy skoenlapper gevlader
nader nader blom onse Vader
jou enigste berader
bid met geloof aan Vader

02/03/2015

# Mark. 11:24 -25 Alles wat julle in gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.
En wanneer julle staan om te bid en julle het iets teen iemand, vergewe hom; dan sal jul Vader wat in die
Hemel is, julle ook julle oortredinge vergewe.

# Hoe moet ons bid: Mat. 6:5-13 – Die onse Vader.

# Mat. 6:14 As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle Hemelse Vader julle ook vergewe.
Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.

# Joh. 14:13-14 Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word.
As julle My iets in My Naam vra, sal Ek dit doen.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

gebed
Mooi inspirerende bydrae. Knap gedaan
4 jaar 8 maande 6 dae oud


Gebed
Uitstekend!
4 jaar 8 maande 1 week 3 dae 18 ure oud


VERGIFNIS

Uitstekkende kunswerk.
4 jaar 8 maande 2 weke 14 ure oud


gebed
Amen
4 jaar 8 maande 2 weke 21 ure oud


gebed met geloof
AMEN ... baie mooi gepen!!

... Soms skoenlapper teen die wind
nogtans bly jy God se kind
Hy beskermend bemind
ons styf aan Hom vasbind....
4 jaar 8 maande 2 weke 21 ure oud


gebed met geloof
AMEN ... baie mooi gepen!!

... Soms skoenlapper teen die wind
nogtans bly jy God se kind
Hy beskermend bemind
ons styf aan Hom vasbind....
4 jaar 8 maande 2 weke 21 ure oud


dankie
Vir hierdie pragtige boodskap van-oggend. Dis dinge wat ons weet, maar ons neig alewig om dit te vergeet :-)
4 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 1 uur oud



MAMMON

deur Piet Schoombie

Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar