Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende




My lippe wil luid U Grootheid besing,
aan U, troue Heer, my danklied U bring.
Al lê die dood in die skulp van my oor
gee U tog oordadig aan my sien die gehoor ;
word sig van kleur gevormde klank in my brein;
word skoenlapperfladder eteries refrein;
die heen-en-weer-wieg van grassies en blaar
hoorbaar geritsel op die aandwind se snaar!

As so my oog U skepping beluister
vra ek, met dít wat sielvol bly fluister:
“Ag Here, hoor tog dié dowe se nood.
Soos met Laz’rus uit die dood opgewek,
skep lewe weer núút in my ore so dood.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gebed van 'n dowe (76)
Meesterlik verwoord

Mag ek hierdie gedig vir my dowe vriend aanstuur.
4 jaar 10 maande 2 weke 5 dae 23 ure oud


Gebed
Puik! Ons vergeet so dikwels hoe bevoorreg ons is.
4 jaar 10 maande 2 weke 6 dae 22 ure oud


Gebed
Pragtige werk! Dit laat mens net besef hoe geseënd jy is met dit wat jy het.
4 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 22 ure oud


Doof
Hier werk praat met 'n mens - goed gepen.
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 7 ure oud


doof
Pragtige werk hierdie wat mens se hart aanraak :-)
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 9 ure oud


Dowe
Dit roer 'n mens. Pragtig.
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 11 ure oud



DAG VAN DIE BLOEISEL

deur Johann P. Boshoff

"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar