Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Steek haar weg
in die voue
van U kleed

hierdie kleine embrio
wat nog skaars mens heet

sodat ,

die Bose
haar met rus sal laat
en sy volmaak geskape
haar mamma
se baarmoeder
kan verlaat ,
in die liefdevolle
alomteenwoordigheid
van U Heilige Gees .

Seun van die Allerhoogste God
skulp U hande
om haar mamma
en word verheerlik ,

omdat

sy alreeds
haar kindjie
aan U Troon opgedra het .

Dankie Here Jesus
dat ek hulle
in geloof
by U kan los

wetende ;

volgens U Woord
sal alles ten goede
meewerk
vir die wat U dien
en dat U Bloed
hulle veilig sal bewaar


Amen
24 Julie 2009



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

My kinders het hulle eerste kleinding op 7 maande swangerskap verloor. Ek kyk nou met verwagting uit na die tweede enetjie wat einde Junie sy/haar opwagting gaan maak! Dankie vir die pragtige, unieke gebed! Ek het dit hardop saam gebid!!
4 jaar 4 maande 11 ure oud


elke mamma moet die gebed bid
dis hartroerend mooi en diep

baie mooi werk, Mefri

4 jaar 6 maande 2 weke 4 dae 15 ure oud


'n Pragtige,sielvolle gebed.
4 jaar 7 maande 2 dae 9 ure oud


Gebed
Ek doen more voorgeboorte klas en dit het my nou weereens laat besluit ek moet vir almal van hul bid baie mooi en sprekend
4 jaar 7 maande 2 weke 5 dae 11 ure oud


Pragtig!! Ons kan kinderlik hierdie beskerming van ons Hemelse Vader vra en WEET Hy is daar vir ons. My baba dogtertjie is nou 2 maande oud en hierdie gedig het nou sommer baie beteken. xx
4 jaar 7 maande 3 weke 4 dae 15 ure oud


Amen en weereens amen!baie mooi!dank God vir oumas (en mammas) wat hul kinders en kleinkinders aan Hom opdra!
4 jaar 8 maande 1 week 3 dae 9 ure oud


AMEN...dis 'n pragtige gebed vir 'n mamma en haar ongebore kind...Liewe Jesus hou al Sy kinders styf vas.

Tella
4 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 19 ure oud


ʼn Gebed vir my ongebore kleinkind
So 'n mooi wens en seën gebed. En so lekker om dit saam met jou te ervaar en deel! Ek bid dit saam met jou!
4 jaar 8 maande 3 weke 14 ure oud


San
teersagte gebed ... en die liefde tasbaar! San
4 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 7 ure oud


Hoe week word my hart, nog net 'n paar daggies en my eerste kleinseun Carlos (Charl Lodewyk van der Merwe,) sal daar wees, hierdie ouma sal dadelik vir die liefling ook ietsie op papier moet sit. Vriendin bitter, bitter mooi, en baie geluk.
4 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 17 ure oud


Wat 'n mooi seënbede! Mooi woorde en 'n gebed wat mens kan bere en bewaak om oor enige kleinding en haar moeder te bid.
Mooi... so mooi...
4 jaar 8 maande 4 weke 12 ure oud


Amen
Dit is pragtig en baie spesiaal. Glo saam met jul dat sy volmaak sal wees soos net God haar bedoel het om te wees en dat Hy haar sal beskerm in Sy allergrootste liefde.
4 jaar 9 maande 10 ure oud


ek gaan dit ook bêre vir as ek dit eendag nodig kry, mooier is daar nie.
a.
4 jaar 9 maande 1 dag 9 ure oud


hoe verskriklik special! Ek hoop dit word vir hierdie kleinkind gebere sodat sy eendag as sy groot is besef hoe kosbaar haar Ouma is en met hoeveel liefde sy van die begin af belaai is
4 jaar 9 maande 1 dag 13 ure oud


Liefste jy - ek sê hierop, met vreugde (en baie respek) net "Amen". Dis oneindig spesiaal (Ouma!)
xxx
4 jaar 9 maande 1 dag 14 ure oud


Die is 'n pragtige gebed en 'n wonderlike manier om jou kleinkind se lewe te begin. Wat 'n voorreg!!
4 jaar 9 maande 1 dag 19 ure oud


Gebed
Opregte en eerlike liefde vir n ongebore kleinkind. Tina, dis onbeskryflik mooi.

O
4 jaar 9 maande 1 dag 19 ure oud


Tina, dis pragtig. Wat 'n troos om te weet dat ons kan bid vir ons kinders en kleinkinders en dat die Here ons gebede hoor.
4 jaar 9 maande 1 dag 22 ure oud


Ongelooflik mooi ...
Nooi ek het hierdie gebed kliphard vanoggend vir onse kaboutertjie gebid wat nog snoesig in sy moedertjie ontwikkel. Dit is roerend mooi en kosbaar verby!!
4 jaar 9 maande 1 dag 22 ure oud



DAG VAN DIE BLOEISEL

deur Johann P. Boshoff

"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar