Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Gemotiveer deur Spreuke 31

Vrou, meer as edelstene is jy werd
man kinders se steunpilaar
baie maak jy bymekaar
jy swoeg voor vuurherd

Vrou jy woeker met geld
jy werk met mag en krag
jy werk tot in die nag
hande woel word vermeld

Vou jy is mededeelsaam
jy voorsien jou gesin
waarvoor hul jou bemin
gee ook aan armes nie vir naam

Vrou jy woeker met talente
sterk en Edel jy van inbors
gee liefde die wat daarna dors
gesinsklere maak jy winter en lente

Vrou jy praat wysheid
jou huishouding is liefde
jou gesin prys jou liefde
later kom ook die grysheid

Vrou die jeug se skoonheid hou nie
voorkoms is nie alles voor God
jy hou altyd by Sy gebod
daar is geen beter vrou as jy nie

Haleluja prys die goeie vrou
gee haar wat haar toekom
prys haar in die stadskom
jou werk is jou roem, vrou

6 Maart 2015



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

gebed
Pragtige ode aan die vrou. Goed weergegee
4 jaar 8 maande 1 week 1 dag 23 ure oud


Vrou
'n Vrou geanker in die Heer het 'n skoonheid en deugheid soos geen ander. Baie dankie, voel sommer weer goed om vrou te kan wees...
4 jaar 8 maande 1 week 6 dae 17 ure oud


vrou
dankie vir hierdie mooi ode en ek amen daarop.
4 jaar 8 maande 2 weke 2 ure oud


Vrou
Dis baie mooi.
4 jaar 8 maande 2 weke 15 ure oud


*
Baie mooi woorde vir 'n baie mooi gebed.
4 jaar 8 maande 2 weke 15 ure oud


vroue gebed
AMEN op n pragtige gebed.. n ode aan n vrou soos God dit wil he... puik gepen
4 jaar 8 maande 2 weke 19 ure oud


biddag
Sjoe pragtig
4 jaar 8 maande 2 weke 20 ure oud



VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar