Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Velerlei paaie na verskeie bestemmings bereis.....
my voorkoms, die van veteraan, daarvan, die konkrete bewys!
Op roetes deur my meester bepaal....
ek, dienswillige marionet, passiewe deelnemer, maar tog uiteindelik almal gehaal!
Dog, interafhanklik was ons voortgedryf, sy fisiologie, my meganika, gesinkroniseer:
ook brandstoftoevoer met vonk, korrek gereguleer......
my werkkrag en stamina, sy bedrewenheid en bestuursvernuf, saam befaam!!
Span gevorm deur vreemdsoortige simbiotiese bestaan!
Moordende opdraendes uitgebeur,
ekstaties ons hoogtes bereik, afdraandes se laagtepunte saam betreur...
.tot eindelik my meester se vuur geblus, vir erfgenaam spel ek geringe finansiele plus!!
Hier staan ek nou, die uitspraak nog ongefel ,
en afgewag, half gerestoureer,
nog soms betrag,
sou daar vir my 'n genadeplek in die veteraan - motorhemel wees,
of sal ek uiteindelik deur korrosie verteer,
tot metaalskroot gereduseer,
die ewige verwerpings-hel vrees?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

vuur
Sjoe palet pragtige werkt
5 jaar 3 maande 2 weke 9 ure oud


Gebluste vuur
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die BOUVAL EN WRAK projek.
5 jaar 3 maande 2 weke 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sonstraalbeloftes

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Digbundel. Grootliks in Afrikaans, maar bevat ook vyf van my gedigte wat ek in Engels vertaal het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar