Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis ons vaderland, geboorteland.

Met hierdie land het ons ‘n sterke band.
Dis ‘n land van baie groot uiterstes.
Dis ‘n land van kontraste en ruimtes.
‘n Land van verskillende rasse en nasies.
‘n Land van baie tale en denominasies.
Saamgevoeg vir langer as een generasie.
Saam geveg teen koloniesasie.

‘n Land van droogtes en vloede.
‘n Land van woestyn en reënwoude.
‘n Land van wye vlakte en ruwe berge.
‘n Land wat minerale ondergronds verberge.
‘n Land van heuwels en vrugbare valye.
Wat produkte verskaf aan die wêreld galerye.
Wyne word gemaak vir wêreld markte.
Vrugte word gekweek van goeie gehalte.

Vir pragtige wilde diere is die land ‘n tuiste.
Vir die land sal ek baklei met kaal vuiste.
‘n Land met die wêreld se pragtigste blomme.
Waar mense speel klasieke musiek tot dromme.
Dis ‘n land waar grond met my praat.
Dis ‘n land waar ons leef in ‘n eenheids staat.
Dis ‘n land met besonderse dinamika.
Dis my land Suid Afrika.

‘n land van my voorvaders bloed
‘n land waar ek beleef het bitter en soet
‘n land waar kan huil en lag
‘n land waar ek my kinders leer elke dag                   18/04/2009



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Land
Pragtige gedig vir ons pragtige land, met sy mooi "valleie" Mooi gedagtes hier neergepen :)
6 jaar 2 maande 5 dae 12 ure oud


Land
En dis ons almal se geboorteland...en sy is seker vêr van perfek, maar dit keer ons nie om haar lief te hê nie. Mooi gedagtes wat jy hier neergeskryf het, schatz...
6 jaar 2 maande 6 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sielswoorde

deur Driekie Grobler

Voedsel vir siel - 20 Christelik-geinspireerde gedigte voorgedra deur Jana Swart.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar