Gedigte

Titel: Gebreek
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ja ek is 'n gebreektevlerkievoeltjie
Met 'n gebreektehartjiekamertjie
Vol ou herinneringe gestrooi,
Vir my so moeilik om te sien
Hoe om die toekoms te voltooi

Al bring jul al jul pleisters,
Jul woorde, jul tortelduifgesang
Jul suikersoetlyfies,'n poging
deur die vlees
die wonde laat vergaan

Sal ek more weer met gekrenktetraneoe
Terugkyk,
Met nuttelose soutpilaargedagtes
Oor alles wat so mooi was,
Gedeel was, so kosbaar was

Al bot die lentebloeiselblomme
Bly dit steeds winter in my hart
Al het jy lankal die vorentoepad gevat
Staan ek nog steeds in my doodloopstraat
En ek mis jou



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mooi
Baie, baie mooi geskryf.
5 jaar 3 maande 3 weke 1 dag 18 ure oud


gebreek
hierdie is siels-eina.. so mooi gepen!!
5 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 8 ure oud


gebreek
Sekere wonde bly aanhou bloei. Ai dis n seer gedig die ongeag dis mooi geskryf.
5 jaar 3 maande 3 weke 4 dae 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar