Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

No 79.

Ek gee jou van my aalmoese,
jy waardeer nie die geskenk
ek word deur jou geskend.

Nou het ek nie genoeg tyd vir simpatie
om na jou geneul te luister,
wie sal nou na myne luister?

Wat verwag ons van mekaar
jy en ek gee niks,
maar net ʼn leë gemis!

Het nie tyd genoeg
om te bewys wat is liefdadigheid
sit ons onder ons eie geregtigheid.

Wat geen voordeel bring,
stook elk sy eie besonderse ding
tot geen stigting.

14 Maart 2014.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mens
Laat my ook baie wonder. Jy luister en luister, jy paai praat moed in gee 'n spuit vir die pyn, luister na die asemhaling van slaap, dan wonder jy, teenoor wie kla jy oor jou pyn, miskien maak dit nie saak nie, net solank jy luister en verstaan. Jy die eie ek is nie belangrik nie. Die een vir jy liefhet, hy is die belangrikste.
4 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 10 ure oud


Gebrokenheid
N klein bietjie waardering kan wondere verrig. Ons neem soms alles so vanselfspekend....

Dit is n baie mooi gedig met soveel nadink tussen die lyne.
4 jaar 3 maande 15 ure oud


Selfsug
. . . ja, dis baie jammer dat dit so is!
4 jaar 3 maande 20 ure oud


GEBROKENHEID VAN DIE MENS.
'n Werkie wat my noop om die hand in eie boesem te steek en te sien hoe melaats die hart is...
4 jaar 3 maande 1 dag oud


Gebrokenheid
Lees, weer lees en baie diep nadink.
4 jaar 3 maande 1 dag oud


Gebrokenheid
Uitstekende werk! Jy laat 'n mens tweekeer dink.
4 jaar 3 maande 1 dag 5 ure oud


gebrokenheid
Baie goeie gedig en beslis van toepassing in vandag se lewe.
4 jaar 3 maande 1 dag 10 ure oud


79
Dit sit my aan't dink. Die laaste strofe spreek so groot waarheid!
4 jaar 3 maande 1 dag 16 ure oud


mens
arnold hierdie werk laat mens nadink
4 jaar 3 maande 1 dag 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Hartsnare

deur Driekie Grobler

100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar