Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Elkeen sit verslaan deur die lewe
'n gebrokenheid wat net jy kan verstaan...
Monde glimlag breed,
terwyl harte seer is en oë heimlik traan

Stukke word weggesteek in kwetsende woorde
verdriet gestort in 'n laaste glasie wyn
Armbande om die snye te bedek
en stiltes wat skree van die pyn!

Nog iemand het homself verloor
ons weier om te praat maar bly facebook update
Wat bly uiteindelik oor?
behalwe gebroke harte en skerwe drome

Dis tyd dat ons leer om uit te reik na mekaar
'n helpende hand...
Want ons kan oorwin as ons saam skaar
'n Skans vorm teen gebrokenheid

Saam kan ons weer heel raak
en leer dat elkeen van ons saak maak...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gebrokenheid van die wêreld

'n Samelewing wat herwaarts en derwaarts voort lewe.
5 jaar 3 maande 1 week 3 dae 23 ure oud


wereld
Voortreflike opbou na positiewe slot. Hou hiervan.
5 jaar 3 maande 1 week 4 dae 5 ure oud


die weervoorspelling
n Uitsonderlike vers.
Veral strofe 2 is magnificent..en strofe 3 n kort kop agter.
well done.
*************
..jou woorde strek ver..diep..en wyd.
5 jaar 3 maande 1 week 4 dae 12 ure oud


gebroke wereld
pragtige diep-seer woorde met n mooi les vir elkeen hier vas gepen
5 jaar 3 maande 1 week 4 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar