Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het vir jou paar krummeltjies gelos..
en jy het my gevolg.
Deur die dronk riviere van my weggesteekte pyn,
oor die kranse van my deurmekaargeklopte brein.

Nuuskierig- en leergierigheid het ons beurtelings laat draaie loop,
die paaie van die lewe volg 'n kronkel van die minste pyn en meeste hoop..
Of is dit dalk die masochis se pad wat ons twee loop?

Hier's ons nou, in my se brein,
die paadjie's smal, net langs die drein.
Een voetglip hier en glo vir my,
't sal jare vat om skoon te kry!
Hou regs, teenaan die wand,
pasop so hier en daar's 'n los sinaps,
oorblyfsels van 'n vroeër halfklaar werk,
vat jy dit raak kan't jou dalk skok..
Met die ou breine weet mens nooit,
soms hou hul lank, soms gou verstrooid.

So: donker gang in breinspelonk,
langs skurwe grond en gladde wand,
die katakombes hou nooit op,
daars altyd nog so bietjie meer te leer!
Ek volg die regterhandse pad,
dit vurk en vurk en hou nie op.
Miskien moet ek die linkerhand probeer?
Díe kronkel kronkel heen en weer,
van voetpad, grondpad tot die teer,
die brein van my het dalkies weer
iets êrens raak gemediteer.

Ek dog ek ken hom,
leef dan al my hele lewe lank
in hierdie kamers, gange met die weerklank...
Maar weer en weer verdwaal ek weer,
miskien moet EK 'n bietjie meer
begin te mediteer!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Krummels
Koekkrummels, broodkrummels, vleiskrummels... Lykmy ek sal groter spore moet los. Dalk 'n venster in my skedel kap, maar die sigsmid kan mos deur die kykers kyk....
7 jaar 10 maande 5 ure oud


Grietjie
Jy sien Hansie-die voels het die krummels ge-eet. Voordat ek jou gedagtes in totaliteit kon meet.
7 jaar 10 maande 7 ure oud


Lelies en ander blomme
You walked into the party, ٪like you were walking onto a ...
Nie alle blomme is Lelies nie en nie alle krummels is Grietjie's nie. Of GrietjIes krummels nie......(Hoewel sekere blomme beter naby 'n drein groei as ander) Soms is iets net 'n produk van realiteit kwadraat en toevallighede tot die derde mag. In olieverf of waterverf, houtskool of digitaal, 'n beeld is net Picasso as die handtekenig daarop eg is.
7 jaar 10 maande 1 week 2 dae 21 ure oud


Mediocris Modestus
Mediocris Modestus
Krummeltjies.
Die krummeltjies is 'n futiele oefening; Grietjie het haar les geleer. Skei uit met die breindrein - dit bly 'n drein.
7 jaar 10 maande 1 week 3 dae 10 ure oud


grot
die sinaps is kwaai
7 jaar 10 maande 1 week 3 dae 21 ure oud


Slim
So lekker slim en interessant geskryf...ek luv dit. Ja, mens kan so maklik mistrap en in daai drein beland, en as jy eers daarin is, gaan jy nie so maklik weer daaruit kom nie. Om altyd alles te wil weet kan ook problematies raak...sekere dinge sal ons nooit weet nie...dis waar aanvaarding sy werk moet
doen. Ek vind jou meditasies maak lekker lees material Wv
7 jaar 10 maande 1 week 4 dae 1 uur oud


Krummels ...
'n Paar krummeltjies ... soms is dit al wat iemand nodig het om 'n ander te volg.
7 jaar 10 maande 1 week 4 dae 2 ure oud


gedagtegrot
Soms is dit goed om te mediteer
Jy moet net leer waarop om te komsentreer
Dalk 'n bietjie uit jouself leer
Die lewe gee ons die rowwe kanom ons iets te leer
Soms net soms kry ons baie baie seer
Dit ook leer jy om te hanteer
Wanneer gedagtes in die grot ingaan
Wees verseker ek is saam
Daar waar die grot 'n draaitjie maak
Stroom suiwer water 'n helder snaar
Hou net jou oè op die lig
Wat die grot verlig
Dan sal jy sien mediteer
Is wow om iets te leer
7 jaar 10 maande 1 week 4 dae 6 ure oud


Padkeuses
Dankie vir die kommentaar Elvina. Meestal is die moeilike een die interessantste.
7 jaar 10 maande 1 week 4 dae 7 ure oud


grot
Ek het vir jou paar krummeltjies gelos..
en jy het my gevolg.
Deur die dronk riviere van my weggesteekte pyn,
oor die kranse van my deurmekaargeklopte brein

Hou hiervan. Mooi neergepen en die keuses wat mens het in die lewe nê. Is dit nie ook maar links of regs, smal of breë pad?
7 jaar 10 maande 1 week 4 dae 8 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar