Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Klim in my tassie
Dan wys ek jou my reis
Van hoogtes en laagtes
Woestyne en oases

Ek staan in die Vrystaat
Plek van geboorte
Plek wat baie stories dra
Van Ouma, Oupa en ek

Die hoenders wat vroegoggend kraai
Ek moet die koffiebone maal
Die slinger draai en draai
Warm melkkoffie op die stoep

Heerlike vakansiedae met my Nig
Visgevang en stokkiestannies gemaak
Die stroper wat suig en blaas
Die reuk van stronke op die plaas

Blye dag met my eersteling
Pragtig, fyn en perfek gemaak
wonder hoe ek haar gaan grootmaak
God plaas haar op haar eie baan

Skielik het ons niks
Gestroop van dak na vloer
Trane wat die mure was
Ek pak 'n swaarmoedige tas

Kaapstad is mooi in die oggendson
Vakansiemense oral om
Hier voel ek nie tuis nie
Nee, dis nie my huis nie

Nou is ek terug
Terug, in rokende Johannesburg
Hier gaan ek weer begin
Hier sal my kis wegsink

My tassie het my storie vertel
Herinneringe teruggeroep
Dis dinge wat moes uit
Nou kan ek vorentoe kyk.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

tassie
en so is daar altyd n nuwe dag, n dag van genade en ons moet dit met n sterk geloof stap.

dankie vir jou deel met ons.

.sterkte
4 jaar 4 maande 1 week 1 dag 9 ure oud


Ano
Tassie
Moekie, is jy rerig, rerig terug??
4 jaar 4 maande 1 week 5 dae 22 ure oud


Jou tassie
Dankie dat jy jou kosbare diepseer tassie met ons deel Moekie, die son sal weer skyn *Drukkie*
4 jaar 4 maande 1 week 6 dae 2 ure oud


.
Dankie vir die deel hiervan.

Dis baie mooi en hartroerend geskryf ♥
4 jaar 4 maande 1 week 6 dae 6 ure oud


tassie
Moekie sterkte in Gauteng
4 jaar 4 maande 1 week 6 dae 11 ure oud


Gedagtes uit my tassie
Daar`s altyd lig aan die einde van die tonnel, sterkte.
4 jaar 4 maande 1 week 6 dae 12 ure oud


gedagtes
Ai Moekie dis so met gevoel en intensiteit gepen. Hy laat nie ons hand los nie, as ons op ons swakste is, is Hy op sy sterkste. Jy kan nou inderdaad Boontoe en vorentoe kyk. Baie sterkte vir julle.
4 jaar 4 maande 1 week 6 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar