Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

n Gety het weggetrek
van die aarde se kors af ,
n skat nie ver gelek
van n kleuter se mors af nie ,
so diep ontneem
dat dit seergemaak het ,
so diep gefaal
dat dit ons aangeraak het .
Geskiedenis is die verhaal
wat ons gekos het .

1933 , jy was nog jonk , September eers gebore ,
die lewe kom , die onskuld gaan , die lewe gaan ,
en soms is ek onwetend hoe
moet ek die kennis proe
van jou verbode vrug ,
en waarheen moet ek vlug

Met my eerste kyk al ,
die eerste dag al ,
jou eerste lag al ,
die eerste keer mal .
Dalk maak die gedig
jou weer gelukkig ,
dalk verstaan jy
die woorde waar jy bly

My trane sout al ,
die son koud al ,
die mens stof al ,
die kruis se spore
sal my pad na jou toe baan ,
tot ons spore iewers kruis ,
en ons weer ontmoet ,
en ons terugkyk

Winter...dit trek jou in ,
dwing jou tot introspeksie .
Jy filosofeer , want dis vryer ,
objektiewer as die waarheid .
Jy kan sê hoe jy voel ,
terwyl jy dansend ritme kry
in die polsslag van die lewe

Storm , dit trek jou in sy maalkolk in ,
dwing jou tot introspeksie ,
jy filosofeer want dis vryer ,
objektiewer as die waarheid .
Jy kan sê hoe jy voel
terwyl jy dansend ritme kry
in die polsslag van die see

Iemand het jou mens-siel weggestoot ,
want die een se dood
is die ander een se brood .
My woorde was vir jou te groot
toe ek vir jou wou sê
om hier by my te kom lê .
Jy,t my hart vir ewig vir jou aangeraak ,
my vir ewig deur jou kinder-oë grootgemaak .
Ons is almal rêrig in ons diepste stiltes naak .
Iemand het jou menswees doodgemaak



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ingrid
n baie mooi ode
5 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar