Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Gedigte is ‘n venster,
na die skrywer daarvan se siel.
Gedagtes wat daar diep binne,
ronddraai soos ‘n wiel.
Dan vorentoe..., skeppend,
met woorde en sinne.

Dan agtertoe..., en dieper,
word gegrawe in die siel.
Somtyds stadig...,
na die toekoms of verlede.
Somtyds vinnig,
na die dade van die hede.

Die meeste het ‘n doring.
‘n Doring in die vlees.
Wat veroorsaak ‘n storing,
in die skrywer se gees,
wat hy met woorde,
Uithaal uit die vlees.

Party dorings sit diep
Party dorings sit vlak
Party se doring is groot.
Ander se doring is klein,
Maar ek sal my doring,
nie vir ‘n ander syne verruil.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gedigte
Wow.. wonderlik verwoord .. so presies vasgepen..
6 jaar 2 maande 1 dag 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Waarheen met die nuwe wyn

deur Christo Nel

Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar