Gedigte

Titel: Gee
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die bittersoet van liefde kan vir my te veel raak en my moeg maak
My kop `n mengelmoes van gedagtes, te veel om sin te maak
Is dit liefde?
Is hulle gelukkig?
Doen ek genoeg?
Gee ek te veel en hulle te min?
Bang vir alleen wees,
Bang vir te veel mense rondom my
Mense tap my gees leeg
Ek die gewer gee sonder dat ek myself weer vul
Ek gee en gee en gee en gee,
Geen einde nie, geen nee
Eendag gaan dit dalk vanself verander, maar vir nou
Is ek die moeë, opgebruikte vrou



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

gee
jy het hierdie moedelose gevoel so goed deurgegee.... ja soms moet mens stilstaan en die lewe in heroorweging neem en nuwe besluite neem....
5 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 21 ure oud


Ano
Gee
Mmmm, die dag wanneer daardie besef posvat dat jy veel meer uitdeel en jou ontvang-bekertjie bly leeg, is 'n besliste draaipunt in jou lewe.
5 jaar 6 maande 2 ure oud


gee
Ek dink ook genoeg is genoeg.
5 jaar 6 maande 13 ure oud



Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar