Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

in my hart breek son hoopvol n nuwe dag
donkermaan moet nou vir hom plek maak
elke stukkie in my siel en gees daardeur geraak
of helder son of donkermaan die laaste lag?

son en maan stel elk sy eie saak
donker het dan mos sy beurt gehad
lang skadus in my hart en siel gegooi
wat my bang en onseker maak

helder somerson beloof nuwe lente dae
want donker het siel en gees in bloed gerooi
nuwe seisoen vra aan donker diep-diep vrae
hoe lank hy nog in my gebroke siel
lang skadus gaan gooi?

Wie is dit wat
op my siel kom trap?
wie is dit wat
my lag se lag
soos suurlemoen wil versap
wie is dit wat
my gekweste siel, reeds gebuk
wreed uit my binneste wil wegruk?

as ek verlangend-angstig stip na bo kyk
sien ek dat gewaande beloofde lewenslig
in sekondes so donker en morbied lyk
en ek swakkeling voor swartheid swig
en onweerswolke skuif stadig voor die son
en weg is die silwer randjie daarom.

wat hou hierdie skemer dag o Heer
vir my, vir ons, vir n onseker jou
geluk, vrede, of liefde geskok en seer?
miskien wil God dat ek
met die nuwe seisoen nou
my lank verdwene vrede, liefde en geluk
najaag onder Sy liefdevol Vaderhand gebuk.


maar waar, waar o Heer , waar is dit te vind
sowaar, in U hand , al is ek kreupel en blind
al wat ek nou wil doen – is bid...bid..bid
maak my wit, o Heer, soos sneeu, so wit....

gee my hoop o Heer
want daarsonder
is ek leeg so leeg
dat net U n wonder
lig swaarder as donker
kan laat weeg

gee my lente in groen gewaad
wat vrees seer en kommer agterlaat
gee voëltjies wat roep en sing
gee n gees wat hulde bring
gee my lente...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

lente
So hoop ons almal dat Sy tuin sal blom in ons lenteharte. Mooi neergepen.
4 jaar 4 maande 2 weke 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar