Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Elkeen van ons het iewers so 'n kosbare mens wat altyd die sonkant van die lewe bring.. Hierdie is dan 'n ode aan elke kosbare vriendin daar buite ~ Anzé Bezuidenhout

vir jou kosbare pêrel mens
wens ek ongebonde lag
miljoene seëninge van Bo
so ryg ek jou in my lewenssnoer

jou vriendskap
is ‘n koele lafenis
kos en woestynwater
vir ‘n moeë siel
iemand sonder valse klater

altyd ‘n glimlag op jou gesig
dierbare sagte trooswoorde
vir die wat in hartseer sug
met geloofswoorde
bring jy altyd troos
vir hulle so oneindig broos

hierdie ode is aan jou
Godgestuurde vrou
wees dan altyd omvou
in Sy genade teer
sodat ander deur jou
van Sy weë kan leer

geel magrietjie mens
bly altyd so nederig
so mooi
van binne - ook buite
jou vriendskap
kosbaar en innig
soos geluide van
sagte note op
bamboes panfluite

© Anzé Bezuidenhout



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

vriendin
Mooi gedig van jou vriendin.
6 jaar 1 maand 1 week 6 dae 16 ure oud


vriendin
Ek dank die Vader dat ek ook so 'n vriendin het, al is ons 1000 km geskei. Ek bid dat ek ook vir haar so 'n vriendin is , en almal wat my ken. So iemand is kosbaar en soms ook baie skaars. Baie mooi beskryf.
6 jaar 1 maand 2 weke 1 dag 14 ure oud


Vriendin
Baie mooi gedig hierdie :), begeer ons almal nie maar so 'n vriendin nie?
6 jaar 1 maand 2 weke 2 dae oud


magriet
Almal het só iemand nodig in hul lewe...en elkeen van ons kan poog om so 'n vriendin vir iemand anders te wees. Baie mooi geskryf
6 jaar 1 maand 2 weke 3 dae 13 ure oud


***
Hoe mooi besing jy daardie spesiale vriendinne hier...
6 jaar 1 maand 2 weke 3 dae 14 ure oud


Geel magrietjie vriendin
Ek is seker daarvan dat jy ook vir ander so 'n vriendin is. Pragtig.
6 jaar 1 maand 2 weke 3 dae 14 ure oud


Kosbaar
Stem, sulke tipe vriendskappe is skaars, so vriendin is besonders spesiaal. Hou hiervan.
6 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 1 uur oud


Vriendin
Sulke vriendinne is baie dun gesaai.
Ek en Ouvrou was bevoorreg om so 'n vriendin te he. Ongelukkig is sy twee weke voor Kersfees oorlede.
Pragtige ode Anze.
6 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 2 ure oud


Geel Magrietjie vriendin
Vreeslike mooi woorde. Ek het jou gedig geniet. Ek stem saam Warra-Warra, "soos geluide van sagte note op bamboes panfluite," is die kersie op die koek.
6 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 2 ure oud


Magrietjie
Ek sal graag so 'n vriendin wil wees soos wat jy in jou gedig beskryf, maar faal ek telkens.
Moet sê my Moeder was my beste vriendin, met haar kon ek alles deel, goeie en slegte dinge en kon ek nie net raad nie, maar ook teregwysing verwag wanneer nodig. Haar dood het 'n groot leemte gelaat. Vir 'n Ma kan jy jou nuwe rok of medalje wys sonder dat sy dink jy spog!

Puik werk, Anze, voorwaar 'n kabbelende ode aan 'n kosbare vriendin!
6 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 9 ure oud


---

'skuus vir die Engels maar ja, "Absolutely magnificent!"

soos geluide van
sagte note op
bamboes panfluite ** & W0W Dit is so, so mooi!
6 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 10 ure oud


Geel magrietjie vriendin
. . . en moet nie van jouself vergeet nie. Pragtig.
6 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Treë na Innerlike Genesing

deur Leonard John Holmes

Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar