Weergawe:
Aantal woorde: 134
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 23 Apr 2007
Geen dokter kan die pyn keer,
Laat dit soms, ‘n traan in die oog?
Kan ons dit ooit heeltemal, afdroog?
Is dit aansteeklik, hierdie kwaal?
Hoeveel harte, het reeds verdwaal?
Die passie brand, soos nooit tevore,
Harte, is dit vir altyd verlore?
Die ongemaklike naar kol, op die maag,
‘n newe effek van die groot plaag?
Die vermisting en verlange na gesondheid,
Neem die plek in van enige aptyt!
Die siekte, genaamd liefde, is soos ‘n vlam,
Dit brand en maak bene lam,
Wie kan die bewe, binne keer?
Wie kan raad gee, vir die soort seer?
Die siekte, genaamd liefde, maak seer,
‘n wond, wat brand soos warm teer!
Die siekte, genaamd liefde, is dit ‘n leuen?
Dit was bedoel, as ‘n seen, nie ‘n meulsteen!
Lees ander gedigte deur Buksie
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae