Gedigte

Bladsye:
Titel: GEFROMMEL
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Aan die stad se uitskotkant
verlate 'n ou motorwrak
dis sy als, sy huis, bed en dak

deur gister-dissels toegegroei
te laat om sy lewe nou reg te snoei

altwee roekeloos oor spoedwalle gery
agterpaaie en slaggate nie vermy

in winkende spinnerakke vas gegom
die raaisel… hoe om los te kom?

hy kyk na sy wrak deur gekraakte venster-oë
hul altwee is gefrommel deur die laatnag-kroeë

ons beide het baie myle op die klok
ma afgeskryf... never!
daarsie papsak, gooi nog ‘n dop

my'Lanie , ek kyk mooi na djou
four-by-four innie parking lot
gee maar 'n paar sente of ietsie vi di pot

as die nagsluier oor die stadsliggies sak
sy hele lewe in‘n shopping-sak

gaan lê in die sitplek vol gate se skoot
blaas die kersvlam op die dashboard dood

sy wrak stukkend en vol duike
sy lewe gelukkig…
‘n trollievol-genade uit die hemelse luike




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gefrommel
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die BOUVAL EN WRAK projek.
5 jaar 3 maande 3 ure oud


GEFROMMEL

Wat 'n pragtige en passende bydrae tot die projek; wat 'n pragtige diepsinnige sosiale kommentaar hier deurgegee en wat 'n pragtige slot! Welgedaan!
5 jaar 3 maande 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

    deur Vesting

    Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar