Projek: PROJEK – BOUVALLE EN WRAKKE (2015-10-13 tot 2015-10-26)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 218
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 23 Oct 2015
Knaende gedagtes, hy wikkel hulle, hy maak hulle los
Knaag…, knaag…, soos ‘n rot in ‘n diep donker grot
Sy gedagtes, besig om sy wese, sy self te laat vrot
Gister se seer is vir hom eens, heeltemal te veel
Hoekom wil dit, kan dit, dan, nie vir vir altyd heel
Donker, donker, nag, asof die son nie weer sal skyn
Skink die verlede, sy diep wonde, die seerste pyn.
‘n Nuwe dag, maak geensins vir hom die verskil
Sy gedagtes is vol, klinkend, dis hol, dit is so kil
Hoe kan ‘n mens bestaan, as jou binne, jou wese vergaan
Al hierdie foute, onreg, is reeds in onkunde begaan
Sekondes, minute, ure, dae vorentoe, die toekoms is leeg
Hoe gaan hy weer, waarde, self, liefde in sy bineste weeg
Die skaal kantel, hy hel heel oor, te swaar aan die een kant
Is ons gees dan nie bestand teen die pyn van daardie kant
Sy siel, sy wese, sy alles skreeu vir genade, genade van bo
Vader help my , ek bid , ek vra, ek smeek uit my hart dan so!
Laat die beker vir my geskink, gou verby, ek voel….. ek is so moeg
Die stem in sy hart, My kind My kind, My genade is vir jou genoeg
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig