Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

om 'n tafel in die kombuis
sit die familie in 'n geleende huis
bekommernis het ook kom aansit
met tergende glimlag terwyl almal bid

deur die gordyne speel die weerlig
met 'n boer se hart, nogal versigtig
maar buite lê die gewasse en wag
om weer te groei deur die Here se mag

vannag kruip bangjan weer saam in
voorraad vir oorlewing word te min
stof fluister in ore met 'n hart van 'n kind
darem eers more wanneer flenter-skoene hul pad oor droë lande vind

aanhoudende, oneindige proses
met toekoms van baie sonder hulp van protes
tot die eerste as goeie tyding
die gedroogdes weer in gebalsmde blydskap sing



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Groot genade
Goed geskryf.
7 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 22 ure oud


Genade
Pragtige gedig, Loraine, 'gebalsemde' se 'e' het net skoon die pad gevat :)
7 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 5 ure oud


Genade
Ja so kyk die boere gedurig Boontoe vir uitkoms. Goed neergepen.
7 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 19 ure oud



Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar