Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soms staan hy terug,
meestal nie;

rotsvas
gestaal,
sterk;

maar as hy bid,
wéét sy God
hy is nie;
nie
só nie:

níé sterkman-superman,
'n ysterman nie,

en hou Hy hom
regop –
staande, nét
deur Sy genade,

deur sy geloof
in Hom.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Oe mooi!
9 jaar 9 maande 3 dae 16 ure oud


dankie dat jy hierdie ware gedagte met ons deel, baie mooi geskryf.
sonder Hom is ons niks.
a.
9 jaar 9 maande 3 dae 16 ure oud


Pragtig...die teks kom in gedagte "Ek is tot alles in staat, deur Hom wat my krag gee!"
9 jaar 9 maande 3 dae 20 ure oud



Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar