Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Stoksielalleen, Reneweer, Opgekrop, Namens, Leegheid, Mymer

hier sit ek stoksielalleen onder die sterrehemel
in my siel ‘n leegheid – totaal gereneweer
oor opgekropte emosies sit ek diep en mymer
hoe is dit moontlik dat ek namens vriende so kan voel
het dit ooit enige doel?

sien ek die seerkry van die wêreld om my
hoe maklik ander, mense vertrap –
gevoelens so gerieflik systap
hoe familie mekaar verketter,
met ondeurdagte woorde oopsny
hul in ander se leed en seer verlekker
siele onnodig breek soos ‘n kurktrekker

breek my hart in twee
broers wat susters ongeërg wegvee
met onnodige femelary
ewenas ‘n las afmaak
vergeet hul het ‘n famile taak
wat dik om hul lê - ongebraak

troos ek myself
onder hemelruim gewelf
God sien alles raak
ook die onreg in hierdie saak
laat Hom dan die oordeel bring
terwyl jou hart vir Hom lofliedere sing

so my liewe mens al is jy gereneweer
met ‘n opgekropte leegheid
wat jou leeg kom tap
onthou jou vriende gee in liefde om
sal namens jou baklei
tot jy weer in soete mymering kan verval
in God se groen weiveld - by Sy berg en dal


© Anzé Bezuidenhout

* verketter – veroordeel
* Femelary – huigelagtige soetpraatjies
* ewenas – net so



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Uitdaging
Mooi vriendin. Hierdie gedig klink so bekend. Gaan dit nie maar oral so nie?
5 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 23 ure oud


***
Jy het jou gedagtes mooi verwoord en die woorde van die uitdaging goed ingespan.
5 jaar 6 maande 4 weke 1 dag oud


Maskers
Ja, daar is ook net Een wat weet wat regtig agter watter maskers ookal skuil.
5 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 5 ure oud


Gereneweerde
Baie goed verwoord en so baie waar. Vandag is dit 'n kwesie van "elkeen vir homself ".
5 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 23 ure oud


Gereneweerde
Waarder woorde is seker nog nie oor hierdie kwessie gespreek nie. Hartseer, maar waar en feite van die lewe.
5 jaar 7 maande 2 ure oud


UITDAGING
Dis werklik waar wat jy hier se en jy het die woorde so mooi ingewerk. Dis regtig n besonderse werk.
5 jaar 7 maande 2 ure oud


UITDAGING
Bravo vir jou, al 6 woorde in die eerste vers! Dit wil gedoen word.
Pragtige diep gedig met goeie raad:
laat Hom dan die oordeel bring
terwyl jou hart vir Hom lofliedere sing
5 jaar 7 maande 6 ure oud


Gereneweerde
Ai Anze, jy slaan hierdie spyker so op sy kop dat jy hom met een hou wegkap. Die boodskap is so waar. Jy kon dit dalk net spesiaal vir my in my omstandighede geskryf het.
5 jaar 7 maande 8 ure oud


februarie
Goed geskryf, Anze. Dit is baie hartseer wanneer dit só tussen mense gaan. Mooi boodskap oorgedra..
5 jaar 7 maande 9 ure oud


verinneweerde siel
anze dit is regtig n uitsonderlike werk wat soveel lewenswysheid openbaar
5 jaar 7 maande 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar