Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

geluk is om nie 'n spektakel te wees op jou oudag nie
om nie 'n sirkus van 'n party te hê as jy verjaar nie
om nie in die niet te staar tussen die spitbraai gaste nie
om nie met drie ander rolstoelpassasiers gevoer te word nie

geluk is om nie deur 'n verstandlose breinchirurg
vir 'n breinbloeding op 87 geopereer te word nie
om nie skewekop en kwylend te luister
na 'n temerige veels geluk ouma fluister

sou jy wel jou kroos altoos beheer
vir elke hik en snik moes hul jou besoek
manipulasie was jou styl en
skuldige gewetes het jy geskep jou vloek

dan is geluk jou nie beskore
en weet jy nie van anderdag more
die pienk rosette fladder in die wind
ek sit met jou oordreew verantwoordelike kind




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bejaardes
Dankie Enrico, ek waardeer jou terugvoering
7 jaar 9 maande 1 dag 23 ure oud


rosa
sjoe een heel skerp gedig, een aanklag die hier in nederland ook niet zou misstaan!! ook hier worden ouderen soms misdadig en betuttelend behandeld!! erg...

seer graag gelees hierdie gedig! chapeau

greetz en geniet jou donderdag

enrico
7 jaar 9 maande 2 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Die Besoeking

    deur Kobus van Eden

    DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar