Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


ons was jonk
ek en jy het die bikes soos die digter sê
heluit gery
maar ons was jonk
en as jy jonk is kan jy nie breek nie
want dit gebeur altyd met die ander ou.
die keer was dit jy
ons was jonk
daar was iets te wen iets te vind
en ons dae was soos die wind.
ek speel vir jou
Worsie se boesmanland
en laat blommetjies
aan die pad se rand
Worsie het intussen ook gegaan
ek sal eerder Pietersburg wil verby
want oom Gert se trane
steek nog vas hierbinne my
ek vertel nog oor die nag van die tappit die rum en die vinnige gun
oshoek se soveel strome
en die Swazikoning se rondloop bees
n duisend Elangeni en n laaste coaster om te lees
maar ons was nog jonk
iets te wen iets te vind
het ons aan die storm gebind
en ek mis jou soms as ek n mooi bike sien want jy is nou vir altyd jonk.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

*****
Hartseer ode aan 'n vriend wat inderdaad gemis word. As mens se strepie getrek is, is hy getrek, ons kan slegs leef asof elke dag ons laaste sal wees.
5 jaar 8 maande 4 weke 16 ure oud


.
hoendervleis gekry.
5 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 11 ure oud


Borak
Ja as ons jonk is is ons mos van staal. So jammer oor die verlies, a dit dit miskien lank gelede.
5 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar