Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Gertjie in die hoek is 'n middel kind.
Hy smelt so suksesvol in die sosiale skadus.
Hy is dood eenvoudig ...eenvoudig

Die venster langs hom effe oop,
'n briesie streel sy kraag.
Toe 'n lorrie buite straatlangs bulder
weet Gertjie hy kan waag


Hy lig sy boude effens,
kyk skelm deur sy kuif...
voel hoe die gassie saggies
sy totsiens fluitjie wuif

Die lui somer oggend
spoel soel in deur die ruit,
en vat die produk van Gert se talent
die wye wereld uit

Bertie Redelinghuis
(...Die arme kind!)
was naaste

Bertie gryp sy keel vas
waai sy arm bo sy kop;
Sy lippe begin blou raak
en sy voete begin skop

niemand word gespaar nie

Die mis van verwoesting tref die klas
maar Gertjie ruik nog niks.
Die noodklok lui al drie maal
en ontruiming vorder fluks

Xanadu Pretorius
Mooiste in die klas
hardloop haarself 
(neus eerste)
katswink in die swartbord vas.

Toe die chaos verby is

en die stof eers gaan lê

is een ding verseker

kan almal maar sê....

(Sonder enige kans van weerlegging...!)


Gertjie is die 2015 stinkpoep kampioen



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Eina
Oeeee whahahaha ai eheh! Baie dankie vir hierdie koiese kampioen bydrae!!
4 jaar 9 maande 3 weke 3 ure oud


Gertjie
hehehe.. dis absoluut KOSTELIK!!!
4 jaar 9 maande 3 weke 2 dae 9 ure oud


Gertjie
Ja, ek kon my die klaskamertoneel goed voorstel :-)
4 jaar 9 maande 3 weke 2 dae 22 ure oud


salome Willemse
salome Willemse
Gertjie is baie goed
'n Lekker lees gedig. Kon die insident in my geestesoog sien en ek bewonder die skrywer vir sy vermoe om dit vas te kon pen. Dit bring 'n vonkel in die oog op 'n Vrydagmiddag!
4 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

    deur Vesting

    Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar