Gedigte

Titel: Geseënd
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wanneer damme na dor verdroog
en visgrate tussen modder krake teder
stof vervang vog – dors die stof
maar geseënd is jy
wanneer jou reënmeter op alg

Wanneer liggame kwaal
en nes voëls die gestremd uitskop
dood vervang siek – leiding die dood
maar geseënd is jy
as jy politiek kan uitbraak

Wanneer stil die brein oorweldig
en gedagtes sonder ophou raas
stilte vervang doof – stom die stilte
Maar geseënd is jy
as Stad jou wakker raas

Wanneer dankbaarheid nie gehoor
maar in die blink gesien kan word
en wanneer stomheid ’n keuse is

Is jy geseënd



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Pragtig
Baie goed geskryf. Ons vergeet gereeld dat ons ons seëninge moet tel.
8 jaar 2 weke 16 ure oud


'n Prag stuk
Veral jou slot ruk my tot stilstand, dwing my om in my innelike te gaan soek of dit blink van dankbaarheid! Ongelooflike mooi gedig!
8 jaar 2 weke 17 ure oud


Geseënd
Puik vasgepen!!!
8 jaar 5 maande 9 ure oud


Geseend
"wanneer dankbaarheid nie gehoor
maar in die blink gesien kan word
en wanneer stomheid 'n keuse is

Is Jy geseend."

Awesome verwoord. Dit vat geseendheid volkome saam vir my.
8 jaar 5 maande 1 week 2 dae 2 ure oud


Geseënd
Jy is ook besonder geseënd met woorde wat so puik van jou afvloei om ons sieledors te kan les! Ek hou hiervan AC
8 jaar 5 maande 1 week 2 dae 12 ure oud


Dis goed ... ek hou daarvan
8 jaar 5 maande 1 week 3 dae 1 uur oud


Geseënd
Slim verwoord, hou veral van die slot.
8 jaar 5 maande 1 week 3 dae 1 uur oud


Geseënd
Ek is geseënd om sulke mooi verse te kan lees ! Baie goed !!!
8 jaar 5 maande 1 week 3 dae 3 ure oud


Gesëend
I like ! Goeie woordkeuses.
8 jaar 5 maande 1 week 3 dae 12 ure oud


Geseënd
Geseën is jy met 'n gawe om so te kan skryf!
8 jaar 5 maande 1 week 3 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar