Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis so duidelik soos dag`lig
dat jy my onbeduidend
vind
waar my vinger`punte soos
‘n blinde s`n - al`siende -
oor jou
verhewe m é m o i r e s gly
waarvan die betekenis
van jou
skerpsinnigheid soos 'n oor-
deelsdag` beslissing
op verouderde
perkament
-v e r d o e m e n d- lê voor
my wankelrige voete
van klei.


© Outeursreg – Willemien H S Lewis – Alle Regte Voorbehou
VERSTEEND soos lot se vrou
ISBN 978-0-620-54709-3

2013-10-19

Notes: Wikipedia
•      An apocalypse ( Ancient Greek: ἀποκάλυψις apocálypsis, from ἀπό and καλύπτω meaning “un-covering”), translated literally from Greek, is a disclosure of knowledge i.e. a lifting of the veil or revelation.
•      In French culture, the word mémoire, as in un mémoire (the word has no direct English translation) is used for a (usually short and incisive) piece of writing allowing the author to show his or her opinion on a given subject, logically approaching a series of facts in order to arrive at a recommendation or conclusion. In English it can be deemed a form of essay.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

*
Hierdie gedig het baaaaaie om die lyf! Goeie gebruik van die oksimoron in die 5e versreel, die tipografie wat jy gebruik het om 'memoirs' visueel verhewe te laat lyk, die uitheffing van 'verdoemend'. Verder puik woordgebruik met 'n ritme wat loop soos stroop!!! Puik werk!!! Gaan dit dadelik by my gunstelinge voeg!
6 jaar 4 maande 4 dae 10 ure oud


Gesluierde betekenis
Dis preagtig verwoord :)
6 jaar 4 maande 1 week 4 ure oud


Sluier
Ja...jy weet beslis wat jy doen...dis regtig goed geskryf..
6 jaar 4 maande 1 week 6 ure oud


Betekenis
Ek is mal hieroor. Uitstekend en puik.
6 jaar 4 maande 1 week 17 ure oud


WOW!!
Sjoe dis ongelooflik mooi, ek's gek hieroor.
6 jaar 4 maande 1 week 17 ure oud


Gesluierde....
Puik en treffend, WW
6 jaar 4 maande 1 week 18 ure oud


Apocalypse...
het altyd tog nog maar effe van 'n sluier al is hy gelig, né?

Dìt maak hierdie gedig uiters besonders.
6 jaar 4 maande 1 week 19 ure oud


Gesluierde betekenis"
Pragtig geskryf,

waar my vinger`punte soos
‘n blinde s`n - al`siende -
oor jou
verhewe m é m o i r e s gly


Die vers is treffend!
6 jaar 4 maande 1 week 21 ure oud


versluierd
sjoe Willemien dis regtig goed verwoord... puik neergepen
6 jaar 4 maande 1 week 22 ure oud


die weervoorspelling
jy weet darem maar net hoe om n vers te bewoord....
om jou tema/boodskap te komplimenteer.
Jy gly moeiteloos deur n vers....deur woorde.
6 jaar 4 maande 1 week 1 dag oud


Ouma liefde
So lekker saam met jou teruggevoer na die kinderdae.
6 jaar 4 maande 1 week 1 dag 1 uur oud


betekenis
Uitsonderlike woordgebruik. Knap gedaan.
6 jaar 4 maande 1 week 1 dag 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar