Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Liewe Juffrou Piet Magriet,
ons twee ken mos van verdriet.
Nou voor ek dalk my gawe
onder diepsand gaan begrawe,
neem ek die vrymoedigheid
(of is dit pure ydelheid?)
jou te vra, om my te dra?

Woord en Wonder van Grové
het al my twyfel platgevee.
Met hierdie mooi bruin boek
hoef ek niks verder meer te soek.
Nóóit kon ek my dit verbeel:
woord-gespeel maak mense heel …

My geskrifte - pas gedaan -
het ek sorgvuldig nagegaan.
Hier verskuif en daar vervang,
toe word ek vir myself weer bang -
my werk alreeds miskien te lank,
tog hoor ek al meer verse klank!

In hierdie veld voel ek bra wees -
niemand om my werk te lees.
Die groot heer Breytenbach
sal seker dink en lekker lag:
Niks anders as ‘n rymelary!
(wat ek graag sou wou vermy)

Wees dus nou gaaf en merk my werk
met koele rede – swaard uit skede !
Met pen of griffel op skaal van tien,
sê my eerlik wat jy smaak en sien
in die ‘wonder’ (?) van my woord –
my gedigte-toevlugsoord …



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

hoe geniet ek hierdie stukkie
11 jaar 1 week 4 dae 18 ure oud


My komm. is na die tyd, maar ek wil net sê ek het jou gedig so geniet!
11 jaar 1 week 6 dae 12 ure oud


Toontjie in die sand.
Ai ai, ek is nou so skaam ek grou met my groottoon in die sand. Dit is 'n wonderlike voorreg dat goeie skrywers soos jy, my naampie in jou gedigte plaas. Baie dankie, my stertjie waai so, hier is nie 'n vlieg in sig nie! *lag*
Hierdie tipe werk is uitstekend geskryf, ek kan daar niks mee fout vind nie.
Op die forum het ons verskillende gedigstrukture waar jy kan lees en leer. Daar is dan 'n werkswinkel waar jy jou oefenstukke kan plaas en dan kan onse grote liewe Meraai van die Baai ook kom help met raad en daad.
Dit is wonderlike oefeninge om die skrywerskant van die brein te ontwikkel en dit is ook groot pret.
Jy kan met jou huidige naam gaan registreer op die forum. Hoop om jou gou daar te sien.
Skryf ook 'n e-possie as daar iets is waarmee ek kan help.
Ek het jou gedig baie geniet en vir 'n ligte trant gedig soos hierdie gee ek jou 10 uit 10.
Dankie dat jy dit met my gedeel het en dankie vir Annelie wat my hierheen gesleep het.
Lief julle,
PM
11 jaar 2 weke 1 dag 18 ure oud


Beste Ana Niem,

Om 'n egte mentor te kan he, is wonderlik. So 'n mentor sal jou nooit probeer oortuig van iets wat jy nie wil doen nie. So 'n mentor sal jou nooit met resepte voer nie. So 'n mentor sal net help dat jy jou kop nie te seer stamp nie.

Dat jy 'n gedig oor mentorskap kan skep in plaas van oor een van die holrug geryde temas, getuig van jou talent.

Rymelary was vir twee duisend jaar aanvaarbaar. Dit is maar eers in die 20ste eeu wat digters daarop begin neer sien het. Hulle kan doen wat hulle wil, maar ek hou van rymelary.

Nartuurlik, daar is veel ander patrone wat 'n mens ook tussen die woorde van die gedig kan inwerk. Hoe meer van hulle, hoe meer kan die gedig oor en oor gelees word om nog 'n patroon te kan ontdek.

Mooi loop
11 jaar 2 weke 1 dag 20 ure oud


Gesoek
Jy het voorwaar n heerlike dis vol humor hier geskep. Ek het lekker ge-eet. Gemerk.........wel so n..n.. 10 uit 10
11 jaar 2 weke 1 dag 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar