waar ek stil my vrede kan vind
toegedraai in koesterwaarde van brokaat en lint;
dis in die blik van jou sagte kyk
waar die verstaan van jou sieleglans
my geborge toevou en verskans;
dis in die streling van jou sagpraat-woorde
wat my met soetheid van heuning bedrup
waar my liefde telkens, in verlange vas kan strik;
dis in jou hande se vuurgloed-streel
oor deining en kontoere se skugter-drang
waar ons saamsmelt in eenheidsgesang;
dis in jou luister en aanvaar
waar ek my onsekerheid se donker en blind
sonder skroom deur opregtheid die lig kan laat vind;
dis in ons saamwees, oor baie jare heen
waar genadespore diepgetrap lê
ek geseënd voel om jóú aan my sy te hê.
©Driekie Grobler
Lees ander gedigte deur Driekie Grobler
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Driekie Grobler
Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)